|
WEIGHT
In the cattle industry, profit relates to the number of kilograms
of beef produced per cow. The more an animal weighs when finished
for marketing, the more profit the breeder will pocket.
Weaning weight primarily indicates the milking performance of the
cow, but also gives an indication of a calf ’s own growth
potential. Post-weaning weight gain indicates the ability of the
calf to gain weight based on its own genetics for growth.
At Beefmaster Alliance, all calves are raised on the same veld
conditions. Selection is based on weaning weight, yearling weight
and weight at 18 months. Data from the official ARC National
Performance Testing Scheme is used and all calves under an index
of 90 are culled.
Herd sires are selected on the basis of their individual growth
performance. Bulls with aboveaverage individual weaning and
post-weaning weights will transmit these traits to their
offspring.
In addition, EPD’s (expected progeny differences) and the dam’s
individual performance are appraised in the final selection.
After the initial selection for weight gain, females are not
culled on the basis of their own weight but on their weaning of a
below-average calf.
You can add profitability to your operation by using Beefmaster
Alliance bulls that produce calves with heavy weaning and yearling
weights.
 |
GEWIG
MIn die beesbedryf word winsgewendheid bepaal deur die hoeveelheid
kilogram vleis geproduseer per koei gepaar. Hoe swaarder die kalf
weeg as dit markgereed is, hoe winsgewender is dit vir die teler.
Speengewig is grootliks ’n aanduiding van die melkproduksie van
die koei, maar gee ook ’n goeie aanduiding van die kalf se eie
groeipotensiaal. Die toename in gewig ná speen is ’n aanduiding
van die kalf se vermoë om gewig aan te sit, gebaseer op die kalf
se eie genetiese potensiaal.
By Beefmaster Alliance word alle kalwers op identiese
veldtoestande grootgemaak. Seleksie geskied volgens speengewig,
jaaroudgewig en gewig op 18 maande. Amptelike data van die LNR se
Nasionale Prestasietoetsskema word gebruik en alle kalwers met ’n
indeks benede 90 word uitgeskot.
Kuddevaars word volgens hul eie individuele groeiprestasie
geselekteer. Bulle met bogemiddelde individuele speen- en
náspeengewigte sal dié genetiese eienskap na hul kalwers oordra.
Die verwagte teelwaarde van ’n bul éen sy ma se individuele
prestasie word in ag geneem met die finale seleksie van
stoetbulle.
Ná die aanvanklike seleksie vir gewig, word vroulike diere nie op
grond van hul eie gewig uitgeskot nie, maar wel as hulle ’n
ondergemiddelde kalf speen.
Deur Beefmaster Alliance-bulle te gebruik wat kalwers met swaar
speen- en jaaroudgewigte produseer, voeg jy winsgewendheid by jou
boerdery.
 |