TESTIMONIALS


We have only Beefmasters on one of our ranches in the Manica Province, Mozambique – namely 61 cows, 192 heifers and 11 bulls.

All were bought from Beefmaster Alliance.

They are fantastic animals. We did not suffer a single loss after more than 2000 km transport by road from Nigel.

The bulls are absolutely superb. We cannot speak highly enough of them. We bought the 11 bulls last year.


Euan Kay - Mozambique


GETUIGSKRIFTE


Ek boer met ‘n kudde van 950 vroulike Beefmasters in die distrik Gobabis, Namibië. Die afgelope vier jaar het ek 15 Beefmaster-bulle van die Beefmaster Alliance gekoop.

Die bulle pas uitstekend op my plaas aan. Hulle is gehard en nie gepamperlang nie. Hulle bring hul kant 100%. Ek het hulle in Augustus gekoop en hulle in Desember gebruik. Ek is baie tevrede met die bulle; Daar het nog nie een uit die bus geval nie.

My slagosse en speenkalwers verkoop ek teen ‘n premie. Klante wat van my koop, is hoogs tevrede met die nageslag van dié bulle; soveel so dat baie van hulle nou wil saamgaan na die veiling van Beefmaster Alliance om self bulle te koop.

Die diens wat ek van die Beefmaster Alliance kry, is klopdisselboom. Wanneer hul verteenwoordigers Namibië besoek, doen altyd by my aan. Hulle kyk na die diere en stel belang. Met sulke mense kan jy besigheid doen.


Louis Opperman – Gobabis, Namibië

Copyright © 2009 Beefmaster Alliance • Designed by Bacchus International • All Rights Reserved - Disclaimer