HISTORY


The first Beefmaster semen reached South Africa in 1981. Paul Yiannakis of Compa Beefmasters, at the time a Santa Gertrudis breeder, was visiting the USA in 1978 in search of new genetic material when he came across Beefmasters. Charlie Bradbury and Mickey Johnson from BBU (Beefmaster Breeders’ Universal) visited South Africa in 1980 and on their return to the USA approached a number BBU members to donate semen to South Africa. The first consignment was imported via Botswana and used on Brahman-cross cows.

In 1986 Paul Yiannakis of Compa Beefmasters was one of the founder members of Beefmaster SA. In 1988 he was also the first breeder to import American bulls from the Lasater Ranch in Colorado. With the assistance of Dr Herman Venter a total of six bulls were chosen and imported from the USA.

Manuel da Costa of Manjoh Ranch was inspired by the same Dr Venter, his herd consultant, to purchase his first Beefmaster bulls in 1988. After seeing the calving results, Manjoh Ranch joined the Beefmaster Breeders’ Society in 1990.

In 2001 Compa and Manjoh decided to present their production auction jointly under the auspices of the Beefmaster Alliance. After a very successful auction, the Alliance decided to visit America to explore new genetics. The Beefmaster Alliance imported four bulls and became South African distributor of Lasater semen from the USA.

Since 2002 only American semen is used for AI. Between 800 and 1000 female animals are artificially inseminated annually. These include heifers aged between 12 and 15 months who are synchronised and inseminated. Heifers must calve at 24 months and conceive again in order to remain in the herd.

In 2007 the Beefmaster Alliance decided to integrate their herds, thus pooling half a century’s breeding expertise in one herd. With their more than 1800 females, they became the largest registered Beefmaster herd in South Africa. All females are kept at Nigel and all males at Delmas. This is so that females and males can be compared with one another in an identical environment. The herd at Moloto will provisionally remain there because of the heartwater area.

Some 700 bull calves are performance tested annually. Since 2006 approximately 2800 bulls have been performance tested. Annually, 200 bulls are selected for the Beefmaster Alliance production sale held on the first Thursday in August.


GESKIEDENIS


Die heel eerste Beefmastersemen het Suid-Afrika in 1981 bereik. Paul Yiannakis van Compa Beefmasters, destyds ’n Santa Gertrudis-teler, was in 1978 op soek na nuwe genetika in Amerika toe hy met Beefmasters kennis gemaak het. In 1980 het Charlie Bradbury en Mickey Johnson Suid-Afrika besoek en met hul terugkeer na Amerika ’n aantal Beefmaster Breeders’ Union (BBU) telers genader om semen aan Suid-Afrika te skenk. Die eerste semen is via Botswana ingevoer en op Brahmaankruiskoeie gebruik.

In 1986 was Paul Yiannakis van Compa Beefmasters een van die stigterslede van Beefmaster SA. Hy was ook in 1988 een van die eerste telers wat Amerikaanse bulle van die Lasater Ranch in Colorado ingevoer het nadat hy met behulp van dr. Herman Venter bulle op een van Tom Lasater se produksieveilings uitgesoek het.

Manuel da Costa van Manjoh Ranch is in 1988 deur die einste dr. Herman Venter, wat ook sy kuddekonsultant was, geïnspireer om sy eerste Beefmasterbulle te koop. Nadat hy die kalfoes gesien het, sluit Manjoh Ranch in 1990 by die Beefmasterbeestelersgenootskap aan.

In 2001 besluit Compa en Manjoh om hul produksieveiling gesamentlik aan te bied, onder die vaandel van Beefmaster Alliance. Na ’n baie suksesvolle veiling, besluit die Alliance om Amerika te besoek om nuwe genetika te ondersoek. Die Beefmaster Alliance het vier bulle ingevoer en die alleenverspreider in Suid-Afrika van alle Lasatersemen uit Amerika geword.

Sedert 2002 word slegs Amerikaanse semen vir KI gebruik. Tussen 800 en 1000 vroulike diere word jaarliks kunsmatige geïnsemineer, insluitend verse wat tussen 12 en 15 maande gesinkroniseer en geïnsemineer word. Verse moet op 24 maande kalf en herbeset word om in die kudde te bly.

In 2007 besluit die Beefmaster Alliance om hulle kuddes saam te snoer. Sodoende word sowat ’n halfeeu se telingondervinding saam in een kudde byeengebring en word die onderneming met sy meer as 1800 vroulike diere die grootste geregistreerde Beefmasterkudde in Suid-Afrika. Alle vroulike diere loop by Nigel en alle manlike diere by Delmas. Die rede hiervoor is om vroulike diere in dieselfde omgewing met mekaar te kan vergelyk. Die kudde op Moloto bly voorlopig daar as gevolg van die hartwaterarea.

Daar word jaarliks op sowat 700 bulkalwers prestasietoetsing gedoen. Sedert 2006 is 2800 bulle reeds prestasiegetoets en 200 word vir die Beefmaster Alliance se jaarlikse produksieveiling voorberei wat op die eerste Donderdag in Augustus aangebied word.

Copyright © 2009 Beefmaster Alliance • Designed by Bacchus International • All Rights Reserved - Disclaimer