|
BULL SELECTION
Beefmaster Alliance bulls are performance tested on veld grazing.
Of the screened weaner bulls, those above 100 on the index are
short-listed according to dam records for ICP, average weaning
weight, maternal instinct, and as being the most likely to produce
good offspring.
The bulls are then scored and the top 50 selected as stud sires.
These are placed back on pasture and then sold at the national
Beefmaster Auction or off the farm. The remainder of the bulls,
some 220, are selected and finished in grazing camps for a
production sale. |
BULSELEKSIE
Beefmaster Alliance se bulle se prestasie word op natuurlike
weidings getoets. Wanneer bulspeenkalwers gekeur word, plaas hulle
die bulle met ’n indeks van meer as 100 op ’n kortlys volgens die
prestasierekords van hul moeders vir tussenkalfperiode, gemiddelde
speengewig, moedereienskappe en dié wat die grootste kans het om
goeie nageslag te produseer.
Dié bulle kry dan ’n puntetoekenning en die beste 50 word as
stoetvaars geselekteer.
Hulle gaan dan terug op aangeplante weidings en word uiteindelik
op die Beefmasters se Nasionale Veiling aangebied of op die plaas
verkoop. Die res van die bulle, sowat 220, word verder geselekteer
en in veldkampe afgerond vir hul produksieveiling. |